Please use this identifier to cite or link to this item:
http://hdl.handle.net/11189/9046| Title: | Help! My praktiese onderwys ontaard in ’n dilemma: Etiekbeleide vir praktiese onderwys | Authors: | Kriel, Carike Livingston, Candice Kwenda, Chiwimbiso M |
Keywords: | Etiek;etiekkode;etiese dilemma;gedragskode;praktiese onderwys | Issue Date: | 2021 | Publisher: | LitNet | Source: | Kriel, C., Livingston, C. & Kwenda, C. M. 2021. Help! My praktiese onderwys ontaard in ’n dilemma: Etiekbeleide vir praktiese onderwys. LitNet Akademies, 18(3): 567-603. [https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2021/12/LitNet_Akademies_18-3_20_Kriel-Livingston-Kwenda.pdf] | Journal: | LitNet Akademies | Abstract: | Onderwysstudente ervaar en veroorsaak dikwels etiese dilemmas tydens hul praktiese onderwys as gevolg van die unieke rol wat hulle as onderwysstudente by ’n skool inneem en die gebrek aan begeleidende etiek- en gedragskodes. Dit blyk dat die onderskeie rolspelers in praktiese onderwys ook nie altyd weet hoe om hierdie dilemmas te hanteer nie, as gevolg van die tekort aan etiekbeleide wat spesifiek op praktiese onderwys gerig is. Dit is noodsaaklik om te weet watter tipe etiese dilemmas onderwysstudente ervaar ten einde te bepaal wat in etiek- en gedragskodes vir praktiese onderwys aangespreek moet word. Toegepaste etiek bepaal dat die werklike gebeurtenisse in die praktyk gebruik moet word om teorie, in hierdie geval beleide met betrekking tot etiek, uit te brei. Ons het gevolglik ’n verklarende gekombineerde metode in ons navorsing gebruik om eerstens deur middel van vraelyste in die kwantitatiewe fase, onderwysstudente te identifiseer wat etiese dilemmas tydens praktiese onderwys ervaar het. Tweedens het ons semi-gestruktureerde onderhoude in die kwalitatiewe fase gebruik om hierdie studente se etiese dilemmas beter te begryp. Ons het bevind dat onderwysstudente ’n verskeidenheid etiese dilemmas beleef wat in sewe kategorieë verdeel kan word. Hierdie kategorieë sluit die volgende onetiese verhoudings in: onderwysers teenoor leerders, leerders teenoor onderwysstudente, onderwysers teenoor onderwysstudente, asook die universiteit teenoor onderwysstudente. Ander kategorieë sluit in: onderwysstudente se gedrag, asook kontekstuele faktore en magsverhoudinge wat misbruik word. Verder het studente gemeld dat ’n gebrek aan bewustheid van etiekkodes en prosedures om die dilemmas aan te meld, bygedra het tot die dilemmas wat hulle ervaar het. Ons het dus met hierdie navorsing gepoog om te bepaal wat in hierdie etiekbeleide aangespreek moet word om etiese dilemmas in praktiese onderwys te bekamp en op te los. | URI: | https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2021/12/LitNet_Akademies_18-3_20_Kriel-Livingston-Kwenda.pdf http://hdl.handle.net/11189/9046 |
ISSN: | 1995-5928 |
| Appears in Collections: | Edu - Journal Articles (DHET subsidised) |
Files in This Item:
| File | Description | Size | Format | |
|---|---|---|---|---|
| Help_my_praktiese_onderwys_ontaard.pdf | Article | 540.44 kB | Adobe PDF | View/Open |
Page view(s)
127
Last Week
0
0
Last month
8
8
checked on Dec 26, 2025
Download(s)
26
checked on Dec 26, 2025
Google ScholarTM
Check
Items in Digital Knowledge are protected by copyright, with all rights reserved, unless otherwise indicated.