Please use this identifier to cite or link to this item:
http://hdl.handle.net/11189/9097| Title: | Wiskunde-ondersteuning vir isiXhosasprekende leerders in die grondslagfase | Authors: | Kotzé-Coetzer, Tanja Livingston, Candice Barnard, Elna |
Keywords: | Grondslagfase;isiXhosasprekende leerders;onderrig- en leerstrategieë;taal van leer en onderrig (TvLO);verweefde wiskundigevaardigheidsmodel;Vygotsky se leerteorie;wiskunde-ondersteuning | Issue Date: | 2022 | Publisher: | LitNet | Source: | Kotzé-Coetzer, T., Livingston, C. & Barnard, E. 2022. Wiskunde-ondersteuning vir isiXhosasprekende leerders in die grondslagfase. LitNet Akademies, 19(3): 693-723. [https://doi.org/10.56273/1995-5928/2022/j19n3d2] | Journal: | LitNet Akademies | Abstract: | Ongeveer 65% van die Suid-Afrikaanse bevolking verkies dat hul kinders reeds in die grondslagfase in Engels onderrig word, ongeag hul moedertaal. Ongelukkig het hierdie neiging ’n geweldige impak op Suid-Afrikaanse leerders se wiskundevaardighede. Behalwe dat daar tot op hede nog geen behoorlike wiskundetaalregisters vir Afrikatale ontwikkel is nie, is daar ’n aantal uitdagings wat verband hou met wiskunde-onderrig in Engelse klaskamers binne die konteks van Suid-Afrika. Ten spyte van die literatuur wat duidelik aandui hoe leerders wiskunde verwerf, is daar steeds ’n gebrek aan beskrywings van huidige ondersteuning wat aan isiXhosasprekende leerders in Engelse graad 1-klaskamers verskaf word. Hierdie artikel fokus dus daarop om die perspektiewe van graad 1-onderwysers se gebruik van onderrig- en leerstrategieë ter ondersteuning van isiXhosasprekende leerders se begrip van wiskunde in Engelse graad 1-klaskamers te ondersoek, te beskryf en te verstaan. Hierdie studie het ’n kwalitatiewe navorsingsbenadering in samewerking met ’n aangepaste metode van interaktiewe kwalitatiewe ontledingstelsels gevolg om diepgaande data van huidige Engelse graad 1- klaskamerpraktyke in te samel. Ons het doelgerig vier laerskole gekies in die Wes-Kaapse MetroOos Onderwysdistrik. Die ondersoek se klem was op graad 1-onderwysers wat wiskunde aan isiXhosasprekende leerders onderrig in ’n klaskamer waar die taal van leer en onderrig (TvLO) Engels is. Data is versamel deur middel van ongestruktureerde, oop fokusgroeponderhoude, semi-gestruktureerde individuele onderhoude en leswaarnemings. Die bevindings verskaf ’n duidelike beskrywing van huidige onderrig- en leerstrategieë wat deur onderwysers gebruik word om isiXhosasprekende leerders se begrip van wiskunde te ondersteun. Bevindings rakende onderwysers se behoeftes aangaande voor- en indiensopleiding, asook ander uitdagings, is uitgewys. Gevolgtrekkings is gemaak in terme van Vygotsky (1978) se leerteorie binne die verweefde wiskundigevaardigheidsmodel van Kilpatrick, Swafford en Findell (2001). Op grond van hierdie bevindings is praktiese aanbevelings gemaak rakende onderrig- en leerstrategieë vir wiskunde-ondersteuning aan isiXhosasprekende leerders in Engelse graad 1-klaskamers. | URI: | http://hdl.handle.net/11189/9097 | ISSN: | 1995-5928 | DOI: | https://doi.org/10.56273/1995-5928/2022/j19n3d2 |
| Appears in Collections: | Edu - Journal Articles (DHET subsidised) |
Files in This Item:
| File | Description | Size | Format | |
|---|---|---|---|---|
| Wiskunde_ondersteuning_vir_isiXhosasprekende.pdf | Article | 490.08 kB | Adobe PDF | View/Open |
Page view(s)
118
Last Week
1
1
Last month
5
5
checked on Sep 4, 2026
Download(s)
80
checked on Sep 4, 2026
Google ScholarTM
Check
Altmetric
Items in Digital Knowledge are protected by copyright, with all rights reserved, unless otherwise indicated.