Please use this identifier to cite or link to this item: http://hdl.handle.net/11189/7424
Title: Awareness and knowledge of phytonutrient food sources and health benefits for functional food application among health food store customers in the Cape Town city bowl
Authors: Braun, Marlè 
Venter, Irma 
Keywords: Awareness and knowledge;phytonutrient food;health benefits;functional food;store customers
Issue Date: 2008
Source: Braun, M. & Venter, I. 2008. Awareness and knowledge of phytonutrient food sources and health benefits for functional food application among health food store customers in the Cape Town city bowl. Journal of Family Ecology and Consumer Sciences, 36(1): 30-39. [https://hdl.handle.net/10520/AJA03785254_10]
Journal: Journal of Family Ecology and Consumer Sciences 
Abstract: Fitonutriënte speel 'n belangrike rol in die verwantskap tussen dieet en die voorkoming van chroniese degeneratiewe siektes. Dié wetenskaplike gegewens bied die voedselindustrie die geleentheid om funksionele voedsels te ontwikkel wat fitonutriënte beklemtoon. Verbruikers wat onbekend met fitonutriënte is, bemoeilik suksesvolle bemarking van sulke funksionele voedsels omdat dit 'n verbruiker met kennis en begrip van dieet en gesondheid vereis. Die voedselindustrie behoort sulke voedselontwikkeling te weerhou totdat verbruikers voldoende kennis en begrip van fitonutriënte het vir oorgang van gewildheid na suksesvolle bemarking in die evolusie van verbruikersaanvaarding. Omdat Suid-Afrika 'n ontluikende mark vir funksionele voedsels is, het die studie die volgende verken : 1) Bewustheid van die term ""fitonutriënte"" en spesifieke fitonutriënte soos beta-karoteen, isoflavone, fitoestrogene, likopeen, kwersitin, antosianiene, limonoïede en allielsulfiede; 2) Kennis van die voedselbron en die verwante gesondheidsvoordeel van spesifieke fitonutriënte; en 3) Of die bewustheid en kennis van die aanbevole daaglikse groente en vrugte inname porsies en hul werklike inname verband hou met die bewustheid van die term ""fitonutriënte"". Die opname is gedoen onder verbruikers wat twee gesondheidswinkels in die stadskom van Kaapstad besoek het. 'n Onderliggende doel van die studie was om te bevestig of die deelnemers as gesondheidsbewuste verbruikers beskou kon word in die aanname gemaak dat dié groep persone moontlik bekend is met die onderwerp.
URI: https://hdl.handle.net/10520/AJA03785254_10
http://hdl.handle.net/11189/7424
ISSN: 0378-5254
Appears in Collections:Appsc - Journal Articles (DHET subsidised)

Files in This Item:
File Description SizeFormat 
Awareness and knowledge of phytonutrient food.pdf156.56 kBAdobe PDFView/Open
Show full item record

Page view(s)

78
Last Week
1
Last month
3
checked on Aug 13, 2026

Download(s)

28
checked on Aug 13, 2026

Google ScholarTM

Check


Items in Digital Knowledge are protected by copyright, with all rights reserved, unless otherwise indicated.