Please use this identifier to cite or link to this item: http://hdl.handle.net/11189/7165
DC FieldValueLanguage
dc.contributor.authorCox, Saneten_US
dc.contributor.authorSteenkamp, Andreen_US
dc.contributor.authorDe la Harpe, Rethaen_US
dc.date.accessioned2019-10-16T09:23:46Z-
dc.date.available2019-10-16T09:23:46Z-
dc.date.issued2019-
dc.identifier.citationCox, S; Steenkamp, A. & de la Harpe, R. 2019. Taalkommunikasiedosente se persepsies en verwagtinge van e-leerondersteuning om dienslewering te verbeter. LitNet Akademies. 16(1):266-294. [https://www.litnet.co.za/taalkommunikasiedosente-se-persepsies-en-verwagtinge-van-e-leerondersteuning-om-dienslewering-te-verbeter/]en_US
dc.identifier.issn1995-5928-
dc.identifier.urihttps://www.litnet.co.za/taalkommunikasiedosente-se-persepsies-en-verwagtinge-van-e-leerondersteuning-om-dienslewering-te-verbeter/-
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11189/7165-
dc.description.abstractDie doel van die artikel is om verslag te lewer oor die persepsies en verwagtinge wat taaldosente oor e-leer-ondersteuning het en om ’n model vir ondersteuning bekend te stel. In die ingewikkelde konteks van hoër onderwys in Suid-Afrika verkeer alle dosente onder druk, en soveel te meer taalkommunikasiedosente. Dit is hulle taak om studente voor te berei om in die taal van onderrig en leer op ’n akademiese vlak deur verskillende vakgebiede heen te kommunikeer. Studente kom uit uiteenlopende kulturele agtergronde en verskil wat betref die verskeidenheid tale wat hulle magtig is en ook in terme van hulle vaardigheid in die taal van onderrig en leer by die universiteit, wat bykomende uitdagings op hierdie dosente plaas. Daar word van dosente verwag om ’n leerbestuurstelsel (LBS) te gebruik om tegnologie deel van hulle onderrig te maak. Tog is die inkorporering van tegnologie in onderrig nie altyd suksesvol nie (Czerniewicz 2007; Brown and Gachago 2013) en is dosente nie gretig of noodwendig gemotiveerd om dit te gebruik nie (Govindasamy 2002; Zellweger 2006; Mohammadi 2015:371). Ondersteuning vir dosente in hulle gebruik van LBS is uitgewys as een gebied waarop e-leergebruik aangemoedig behoort te word (Govindasamy 2002; Spender en Stewart 2002; Stiles en Yorke 2004; De Freitas en Oliver 2005; Czerniewicz 2007; Brown en Gachago 2013). Omdat e-leer-ondersteuning ’n diens is, is daar by die dienslewerings-bedryf moontlike benaderings tot die ondersteuning van dienste ondersoek. ’n Gewilde model vanuit die diensleweringsbedryf, genaamd die gapingsmodel (Parasuraman, Zeithaml en Berry 1985:44), het as teoretiese besinning by die ontwerp en beplanning van die studie gedien. Onderrig is ’n ingewikkelde handeling waarby metodologie ’n integrale rol speel en veral met die inkorporering van tegnologie, soos deur die model vir Tegnologiese Pedagogiese en Inhoudelike Kennis (TPIK) (Mishra en Koehler 2006:1025) voorgestel word. ’n Effektiewe ondersteuningsbenadering word benodig om taalkommunikasiedosente by te staan in die insluiting van tegnologie in onderrig. Die gapingsmodel waarna vroeër verwys is, het by die ontwerp van die navorsing en vrae vir onderhoude en vraelyste ’n rol gespeel, terwyl die TPIK-model die ontleding en interpretasie van data ondersteun het. Die navorsing was interpretatief van aard, met ’n induktiewe navorsingsbenadering waar ’n gevallestudie van een universiteit gebruik is om kwalitatief te werk. Data is van taalkommunikasiedosente en die personeel van die LBS-ondersteuningsdiens ingesamel deur middel van vraelyste en semigestruktureerde onderhoude om kwalitatiewe data te bekom. Die data dui daarop dat gapings rakende die persepsies en verwagtinge van LBS-ondersteuning tussen die twee eenhede bestaan. ’n Model is ontwerp om bogenoemde gapings voor te stel en te bespreek. Hierdie model kan bydra tot optimale e-leergebruik vir taalkommunikasiedosente, wat uiteindelik sal bydra tot die visie van hoër onderwys in Suid-Afrika waar herskepping van onderrigmetodes deur die Witskrif vir Naskoolse Onderwys en Opleiding versoek word.en_US
dc.language.isootheren_US
dc.publisherLitNeten_US
dc.relation.ispartofLitNet Akademiesen_US
dc.subjectComputer-assisted instructionen_US
dc.subjectEducational technologyen_US
dc.subjectLanguage and languages -- Computer-assisted instructionen_US
dc.subjectEducation, Higher -- Effect of technological innovations onen_US
dc.subjectInternet in educationen_US
dc.titleTaalkommunikasiedosente se persepsies en verwagtinge van e-leerondersteuning om dienslewering te verbeteren_US
dc.title.alternativeLanguage lecturers' perceptions and expectations of e-Learning support for improved service deliveryen_US
dc.typeArticleen_US
Appears in Collections:Edu - Journal Articles (DHET subsidised)
Files in This Item:
File Description SizeFormat 
Cox, S; Steenkamp,A.;DeLaHarpe,R._Edu_2019.pdf861.61 kBAdobe PDFView/Open
Show simple item record

Page view(s)

104
Last Week
0
Last month
5
checked on Oct 12, 2026

Google ScholarTM

Check


Items in Digital Knowledge are protected by copyright, with all rights reserved, unless otherwise indicated.