Please use this identifier to cite or link to this item:
http://hdl.handle.net/11189/5267| Title: | Fanie Viljoen se Onderwêreld as voorbeeld vandie gesag- en magstryd in die jeugroman | Authors: | Anker, Johan | Keywords: | Jeugroman;Fanie Viljoen;Onderwêreld;Sosiale manipulasie;Magstrukture in jeugroman;Kuberwêreld | Issue Date: | 2011 | Publisher: | Litnet | Abstract: | Hierdie artikel bespreek die jeugroman Onderwêreld (2008) deur Fanie Viljoen as voorbeeld van ’n resente tematiese vernuwing in Afrikaanse jeuglektuur, naamlik die jeug se betrokkenheid by die kuberwêreld. Dié roman word eerstens bespreek as ’n jeugroman waarin die verhaal van die ontwikkeling van twee hoërskoolseuns as kuberkrakers (“hackers”) vertel word deur onder andere ’n ingewikkelde proses van sosiale manipulasie (“social engineering”). Aandag word gegee aan die kenmerke van ’n jeugroman asook die fokus op die tipiese adolessente rebellie teen alle vorme van gesag, insluitende dié van sosiale instansies soos die skool en ouers. Die gevolge wat hierdie aksies en rebellie inhou, sluit aan by die proses van volwassewording wat kenmerkend is van die jeugroman en die Entwicklungsroman. Die roman word egter ook ’n parallel of metafoor vir die magstryd wat volgens Roberta Trites (2000) so tipies is van die meeste jeugromans. Die teoretiese insigte van onder andere Michel Foucault oor mag en gesagstrukture en Trites oor die toepassing van hierdie tema in jeugromans word aangewend om aan te dui hoe die titel, motto, intrige en verwysings na die wêreld van die kuberkraker in dié roman gelees kan word as ’n voorbeeld van die magstryd in jeugromans in die algemeen. Daar word ook verwys na The hacker’s manifesto, die proses van sosiale manipulasie en die rol van aanlynkommunikasie in jeugromans. Die artikel wil aandui dat adolessente in die lees van jeugromans soos Onderwêreld altyd tot die besef sal kom dat hulle, ten spyte van watter mag hulle hulle ook al mag verbeel, onderworpe sal wees en beperk sal word deur die sosiale strukture waarbinne hulle beweeg. | URI: | http://hdl.handle.net/11189/5267 |
| Appears in Collections: | Edu - Journal Articles (DHET subsidised) |
Files in This Item:
| File | Description | Size | Format | |
|---|---|---|---|---|
| Anker_Johan_Fanie Viljoen se Onderwêreld as voorbeeld van die_pdf | Main article | 134.92 kB | Adobe PDF | View/Open |
Page view(s)
302
Last Week
0
0
Last month
0
0
checked on Dec 29, 2025
Download(s)
64
checked on Dec 29, 2025
Google ScholarTM
Check
This item is licensed under a Creative Commons License