Please use this identifier to cite or link to this item:
http://hdl.handle.net/11189/10585| DC Field | Value | Language |
|---|---|---|
| dc.contributor.author | WHITE, RUSHAAD | en_US |
| dc.contributor.author | Dippenaar, Hanlie (Anna) | en_US |
| dc.contributor.author | Steenkamp, André | en_US |
| dc.date.accessioned | 2026-07-03T11:58:19Z | - |
| dc.date.available | 2026-07-03T11:58:19Z | - |
| dc.date.issued | 2025 | - |
| dc.identifier.citation | White, R., Dippenaar, H. & Steenkamp, A. 2025. Die gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) om taalonderrig in Engels te verbeter: ’n gevallestudie. LitNet Akademies, 22(3): 601-636. [https://doi.org/10.56273/1995-5928/2025/j22n3d2] | en_US |
| dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/11189/10585 | - |
| dc.description.abstract | Met hierdie artikel doen ons verslag oor ’n ondersoek na die integrasie van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) in graad 10-taalonderrig in Suid-Afrikaanse skole ná die COVID-19-uitdagings. Die hoofdoel van die studie was om te bepaal hoe IKT geïntegreer word om taalonderrig en onderwyserpedagogiek te verbeter. Die fokus was op professionele ontwikkeling om tegnologiese pedagogiese inhoudskennis (TPEIK) te versterk en die vlakke van tegnologie-integrasie, soos in die VVVH-model (vervanging, verbetering, verandering en herdefiniëring) omskryf is, te bevorder. Ons evalueer die impak van IKT op onderwyserpedagogiek en taalonderrig binne voorgeskrewe raamwerke, insluitend die TPEIK-raamwerk en VVVH-model. Die ondersoek is tersaaklik, aangesien dit die belyning tussen tegnologie, pedagogiek en kurrikulumvereistes in ’n postpandemiese konteks ondersoek. Ons ondersoek die onderwysers se voorkeurbenaderings tot taalleer, hul gebruik van tegnologie in die klaskamer en die behoefte aan voortdurende professionele ontwikkeling om hoër vlakke van tegnologie-integrasie te bereik. Ons verken ook die hindernisse en uitdagings wat onderwysers in die integrasie van IKT teëkom, en ondersoek faktore wat die aanvaarding en volhoubare gebruik van tegnologie beïnvloed. Die metodologie wat gebruik is, is ’n kwalitatiewe instrumentele gevallestudie binne ’n interpretatiewe paradigma. Die data is uit dokumentontleding, klaskamerwaarnemings en gedeeltelik gestruktureerde onderhoude met drie Engelsonderwysers vir graad 10 by ’n hoërskool in Kaapstad verkry. Data-ontleding is in drie stappe gedoen: kodering, kategorisering en die skep van temas. Die resultate van hierdie instrumentele gevallestudie dui daarop dat IKT die potensiaal het om taalonderrig te verbeter, maar dat onderwysers uitdagings met doeltreffende integrasie ervaar. Deurlopende professionele ontwikkeling, voldoende hulpbronne en kurrikulumaanpassing is noodsaaklik om onderwysers in die gebruik van IKT te ondersteun sodat die gaping tussen pedagogiese doelwitte en praktiese implementering oorbrug kan word. Die resultate dui verder daarop dat daar gapings in die literatuur bestaan en dat meer klem in die toekoms gelê moet word op konteksspesifieke ondersteuning vir IKT-integrasie in hulpbronbehoewende skole. | en_US |
| dc.language.iso | en | en_US |
| dc.publisher | LitNet | en_US |
| dc.relation.ispartof | LitNet Akademies | en_US |
| dc.subject | hulpbronbehoewende skole | en_US |
| dc.subject | IKT | en_US |
| dc.subject | kurrikulum-integrasie | en_US |
| dc.subject | Onderwyserpedagogiek | en_US |
| dc.subject | Professionele ontwikkeling | en_US |
| dc.subject | Taalonderrig | en_US |
| dc.subject | TPEIK | en_US |
| dc.subject | VVVH | en_US |
| dc.title | Die gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) om taalonderrig in Engels te verbeter: ’n gevallestudie | en_US |
| dc.identifier.doi | https://doi.org/10.56273/1995-5928/2025/j22n3d2 | - |
| dc.type | Article | en_US |
| Appears in Collections: | Edu - Journal Articles (DHET subsidised) | |
Files in This Item:
| File | Description | Size | Format | |
|---|---|---|---|---|
| Die_gebruik.pdf | 2.4 MB | Adobe PDF | View/Open |
Items in Digital Knowledge are protected by copyright, with all rights reserved, unless otherwise indicated.